Friday, October 2, 2009

1...2...Freddy's coming for you

Nou ja as jy in dieselfde era as ek groot geword het, was een van die bangste flieks om te kyk a nigtmare on elm street.

Ek wonder hoeveel kinders het Robert Englund uit die slaap uit gehou.

Ek onthou dit nog soos gister, Ek het by Anthony gekuier die naweek, dit was 'n sleepover en sy ma het gese ons kan movies uitneem.

Toe neem ons skelm Nightmare on Elm street uit.
Ek kon vir 'n week nie daarna my oe toe maak om te gaan slaap nie.

Nou is dit nog steeds soms scary om die eerste een te kyk, ek dink dit het iewers in my onder bewussyn vasgehak...(net soos ET my steeds laat huil - die alien outjie wil maar net huis toe gaan, anyways)maar daai gesig van Freddy en die naels wat so teen die muur skaaf en spark...en dan die creepy liedjie wat deur die dogtertjie gesing word...1,2 Freddy's coming for you, 3,4 better lock the door...Ek sal my nat pee...

So wat sal hulle natuurlik doen - ja 'n remake, en dis nie Robert Englund wat Freddy speel nie.
Michael Bay produce dit en dit lyk asof dit 'n meer realistiese gevoel gaan he en ook meer oor hoe Freddy ontstaan het, so minder kaas en beter storie.

Wel genoeg gebabbel kyk hieronder vir jou self...lekker slaap


Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

2 comments: on "1...2...Freddy's coming for you"

Unknown said...

Ek dink jy vergeet hoe bang (en hartseer) jy was vir ET :0)

Anel said...

Ooooh ssscccaarry 1,2 Freddy's coming for you... yucckkyyy :)