Sunday, August 16, 2009

In the land of the blind the one eyed Altie is king



So ek het vroeer die jaar nuwe brille gekry.
Omdat ek altyd brille dra is nuwe rame vir my moerse excitement, dis amper soos 'n nuwe kar net goedkoper.

Ek het vroeer die jaar 'n nuwe bril gekry maar kon nie na my usual optometris(wat ek al vir 7 jaar sien) toe gaan nie want hy was vir 'n maand op vakansie en my ou bril was erg gekrap so ek kon nie wag nie.
Op die ou einde was dit 'n groot disaster en die nuwe outjies moes my bril drie keer terug stuur om die lense reg te kry, dit het 'n maand gevat...

'n Maand later toe is als hunky dory en die nuwe bril is nou al so 3maande oud en uitgesort...
Tot Vrydag oggend 4 uur toe ons kat Salvador op my bed kassie spring van die vensterbank af(wat natuurlik glad nie goed vir my angs issues is nie - die fillistyne was weer op my) en my bybel afstamp waarop my bril gele het.

My bril het hom letterlik in sy glory in geval...

Die een lens het gekraak en die bril is in twee stukke gedeel.
Ek besluit toe dat ek vir die ou bril solank moet begin soek. Ek het toe die een lens voor my oog en voel amper soos daai Cyclops outjie van Xmen sonder die cool haarstyl en rooi tint in sy lens en 'n Phoenix chick wat my ass wil kick - okay glad nie soos Cyclops nie meer soos die een oog ding van Monsters vs Aliens.

Ek strompel toe met my cunning Ninja skills en die gebruik van al my ander sintue die kamer uit terwyl Salvador steeds dink die awesome speletjie is aan die gang en my enkels stukkend kap.

Na 'n groot gesukkel kry ek toe my ou bril in 'n bril kassie van my op die boekrak.
Ja en ek is na soveel maande weer terug na my gekrapte Oakleys toe.

En ek sweer Salvasor loop steeds met 'n tartende smile wat se "hy wou my mos so laat gevoer het gister oggend, kry vir jou" rond.

Thanks Salvi.
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

1 comments: on "In the land of the blind the one eyed Altie is king"

Anel said...

Shame man, hoop jy kry gou jou bril terug!Lena