Sunday, August 23, 2009

James Cameron's Avatar



James Cameron (Die ou wat Dicaprio bekend gemaak het met Titanic) het sy 14 jaar lange produk amper klaar.
Ja, 14 jaar lank beplan en werk hy al aan Avatar(eers codenamed Project 880) en nou uiteindelik het hy die tegnologie gebou om dit waar te maak.

Hy het 'n nuwe 3-D kamera gebou en dis die eerste keer dat photo realistic CGI in 3-D gesien kan word. Blykbaar volgens hulle (wie ook al hulle is) gaan dit die manier van fliek kyk revolusioniseer.



Die man is 'n legende en elke keer as hy 'n nuwe fliek maak verander dit die wereld van flieks en special effects.

Dit het begin met Terminator in 1984, opgevolg met Rambo 2, Aliens in 1986, The Abyss (wat een van my all time favourites is), Terminator 2:Judgment Day(Need I say more, sy CGI was "groundbreaking", True Lies (Hy hou van Arnold) en toe natuurlik die groote, Titanic.Ek was nou nie te mal oor Titanic nie,ek dink die theme song van Celine Dion het my 'n paar keer laat puke omdat dit in my keel afgedruk was deur al wat 'n frikkin radio stasie was. En ek dink ook die fliek was so 'n huge sukses omdat Leo al die jong girlies se kniee lam gemaak het...Fairy tale romance crap.

Maar soos julle kan sien het die man 'n groot lys blockbusters agter sy naam en ek hoop die fliek is 'n huge sukses. Nie net omdat ek 'n fan is nie maar omdat ek lank al 'n fliek wil sien wat iets anders as die normale "blockbuster" is.

Vir die van julle wat in die internet grot bly en net op twitter en facebook gaan, ek judge nie, en nie 'n clue het wat Avatar is nie, hier is 'n agtergrond.

Humans het die planeet "Pandora" ontdek. Ons kan nie daar asem haal nie. Maar dit keer ons nie om hulle precious minerale te probeer vat nie.

Die planeet word bewoon deur die Na'vi - lang gebeende blou outjies met kat tipe gesigte en beenstruktuur wat van natuurlike carbon fibre gemaak is(vat so wolverine) dan is daar natuurlik ander gevaarlik gediertes ook op die planeet.

Ex marine Jake Sully (Sam Worthington - ironies genoeg die Terminator van Salvation - wat 'n uiterse swak fliek was volgens my - speel die rol) skryf in vir die Avatar projek en gaan na Pandora. Hy het die gebruik van sy bene verloor in 'n geveg op aarde.



Die humans kweek hulle eie lewende Na'vi wat dan deur 'n mens beheer word deur dat die mens se brein in die Na'vi(Avatar) se lyf in "geplug" word. Die mens in beheer kan dan als ervaar deur die Avatar. So dit maak dat hulle vreilik deur "Pandora" kan beweeg as 'n Na'vi.

Klink na 'n goeie storie met awesome effects - klink soos 'n Altie fliek!

Julle kan die lang afgewagte trailer hieronder sien. Enjoy


Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "James Cameron's Avatar"