Sunday, August 2, 2009

Cubeecraft



Okay ek weet dat ons almal graag awesome speelgoed vir ons kinders (of onself in my geval) wil koop maar die goed is so donners duur!

Ek meen Legos is net 'n frikkin rip off deesdae, al is die Star Wars reeks waaaayyy awesome kan ek nie R2000 vir 'n AT AT walker betaal nie want my vrou sal my in die kat se mandjie maak slaap...En dis nie lekker daar nie want die kat vat al die kombers en dan le ek heel aand en koud kry...anyways ek is alweer van topic af.

Die website laat jou karakters uitprint en vou, geen gom nodig nie (so even die staartkinders kan dit bou en met dit speel sonder om weer addicted te raak), dit vou als in mekaar in. Goedkoop toys of net ietsie awesome vir jou kantoor lessenaar(in my geval)

Ek het al die Stormtrooper gebou en sal later pics opsit van Cyclops, Wolverine en Darth Vader.



As ek klein was sou ek die ape-shit gegaan het oor die Star Wars karton "action Figures"

Lekker vou!
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Cubeecraft"