Tuesday, July 28, 2009

Aston Martin One77



Goed het enige iemand 25 Miljoen Rand wat hulle dalk vir my wil leen("gee")?

Hoe awesome is die nuwe Aston Martin? Wow, kyk Aston was nog altyd 'n cool car.
Nie so flashy soos 'n Ferrari nie, nie so algemeen soos 'n Porsche nie en nie so "ek own 'n strip joint" soos 'n Lamborghini nie.



Nee dit was nog altyd 'n klassieke sport kar gewees. Hy het daai sekere iets wat die ander nie het nie. Dis stylvol maar met 'n grunt.

Ek meen dis James Bond se keuse van kar. En wie is cooler as James Bond?
Wel Tony Stark is en hy ry 'n Audi R8, wat ek ongelukkig sal moet kies bo die Aston, net a.g.v. die prys.



Die outjie gaan glo R25M kos on in te voer en daar is net 77 wat gemaak word.
Die ergste is dat daar blykbaar 'n paar Suid Afrikaners is wat dit al oorweeg het om een te kry

So as jy so R25M het wat daaronder die bed le iewers, koop asb een en kom vat my vir 'n spin!
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Aston Martin One77"