Monday, June 22, 2009

Guitar Hero World Tour Rocks!



Okay so Lenny het die Guitar Hero dromme by Attie geleen(dankie Attie) en dit saamgebring vir 'n JAM sessie! Ek het gewonder hoe die dromme sal speel siende dat ek en skattie altwee GROOT Guitar Hero fans is (behalwe dat Marelize op die Xbox controller moet speel omdat ons net een Guitar het). En dan kick sy partykeer nog my ass ook met die controller.





Anyways. Die dromme stel nie teleur nie! Ons sal definitief daarin bele! Dis moerse party fun en ons almal het 'n goeie sessie weg as eerder 'n drummer, lead guitar of bassist.
Click op die prentjies om hulle te vergroot!En ja hoe later hoe kwater, ons het aan die einde van die aand uitgevind jy kan die xbox headset aan die controller connect om te sing(dan het jy nie die mic nodig nie). En ek het wel Metallica se "Unforgiven" gesing. Vir die wat my ken sal weet dat ek uit die laerskool se koor geskors is omdat ek fals gesing het(ek dink steeds dis waar ek my knak weg het en agv daarvan kan ek nie op noot sing nie)




Nou ja ek het erg gefail met die sing maar donner ek kan darem die dromme klop en die base op expert speel. So vir die wat wonder of Guitar Hero cool is kan ek net die se - Hell Yeah!


Jy voel nes 'n rockstar as jy daai perfekte solo op die guitar speel of die dromme freestyle aan die einde van 'n song! Koop dit, leen dit, steel dit as jy moet maar speel moet jy speel


Rock on!!!

Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Guitar Hero World Tour Rocks!"