Sunday, June 28, 2009

Transformers 2 - Revenge of the Fallen Review

Transformers 2



Ek gaan net drie woorde se...Digital Eye Candy!(en dit het niks met Megan Fox te doen nie) Ja dit voel asof mens weer 5 jaar oud is. Dit is 'n CGI masterpiece - In my oe die blockbuster(in alle terme) van 2009! Ja dit is so goed. Dis baie bigger better en more badass as die eerste een! Meer Transformers, meer Lebouf vir die girls, meer Megan vir die dudes en baie meer CGI Transformer fights vir die CGI geeks!


Dis non stop action van die begin tot die einde. Waarvan ek hou(en dis vir altwee Transformers) is die goeie sin van humor tussen in. Dit is 'n lekker popcorn fliek vir almal.

Plot en dialoog - wel dis baie baie beter as Terminator. Daar is eintlik 'n storielyn wat sin maak alhoewel ek hier in die middel so bietjie verlore geraak het - SPOILER ALERT. Hoekom het hulle die ou Blackbird dude met die stukkie shard wakker gemaak en dit nie op Optimus gebruik nie...meh. Maar Shia en Megan se acting is altyd fun! Dis aksie belaaid en nie te over the top nie. Alhoewel Megan soms haar lippe bietjie te veel pout...LOL.

Wees ook reg vir baie slow-mo aksie..Ja jy kan vir Megan in slow mo sien hardloop (baie) amper soos in die ou dae toe Pamela en Yasmin op Baywatch gehardloop het(I digress)....


Ek dink Michael Bay het daarin geslaag om 'n beter fliek as die eerste een te maak. En ek sien uit na die derde een. Daar is ook baie meer karre(en motorfietse) in die movie...Audi TT met 'n R8 body kit op...Nice. Chevy Camaro(Bumblebee) nice! En dan Megan op 'n bike. Nice.

So moet jy dit gaan kyk of by jou buddie se pc copy? Kyk dit!!!! en as jy kan kyk dit op IMax! Ek dink die fliek is gemaak vir IMax! Dit was tien keer cooler op die IMax en ek wil dit eintlik nog 'n keer gaan kyk.


So daar het julle dit! 'n must see movie vir 2009...4 en 'n half sterre uit vyf.
Hoekom half minder...Wel hulle gebruik die heel tyd Linkin Park se song in die agtergrond en dit het bietjie gepla na 'n ruk.Dis my enigste kleinste gripe met die fliek

Dit lyk my ook dat Linkin Park net gaan wag nou vir elke twee jaar dat daar 'n nuwe Transformers movie uitkom voor hulle 'n CD release...sad...hulle het te commercial geraak.

I am Optimus Prime, and I send this message to any surviving Autobots taking refuge among the stars: We are here. We are waiting.
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

4 comments: on "Transformers 2 - Revenge of the Fallen Review"

Callie said...

Cool ding het met my gebeur. Wou laas Dinsdag, die 23ste The Hangover in Witbank gaan kyk het. Kom daar toe wys Transformers. Dankie aan Wtb Nu Metro wat altyd n cock up van alles sal maak! Maar die fliek was awesome!

Unknown said...

Hmmm, sal moet gaan kyk :0)

Anel said...

Was 'n awesome movie. Stem saam, definitief beter as nommer 1! Kan nie wag vir die 3e een nie. Ek dink Linkin Park se liedjie is sinoniem met Transformers en moet bly.

DarthAltie said...

Gelukkig vir Witbank se Movies het jy Transformers gesien...Gaan kyk dit op iMax dis tien keer cooler! Ek gaan ook Hangover kyk dit lyk hillarious! Het gisteraand die making of gekyk en dit lyk awesome! Tiger in the bathroom! ha