Wednesday, April 22, 2009

Kings of Leon



Okay so sonder grappies, ek hoop julle het almal gestem vandag - free Wimpy koffie en 'n blou vinger nael later!

So ek het gisteraand op radio hierdie song gehoor ietsie van "sex on fire". Dis toe die "Kings of Leon" na verdere ondersoek, waarvan ek al gehoor het en nog nie rerig aandag gegee het nie. Terwyl ek toe in die voting ry staan om my stem te maak (for what it's worth) hou die donnerse song aan om in my kop te draai. Ek besluit toe om die cd te koop want dit moes 'n indruk iewers in my onder bewussyn gemaak het.

Damn dis 'n goeie cd(Only by the night)! Gaan nou en koop dit! Nie download van die net af nie, nee koop die cd!Ja, dit is so goed...ek kan hulle klank nie anders beskryf as "rou" en "for real" nie...Ek is moerse impressed! Die lead singer Caleb Followill se stem klink soos Bruce Springsteen op rock steroids met 'n heeserige byklank. Die guitar is grof met daai melankoliese agterklanke tussen in. Dis asof hulle dit reg gekry het om Bruce Springsteen met Coldplay,U2 en die Foo fighters te fuse.



So ek was dalk bietjie agter die tyd met die "Kings of Leon" maar ek sal definitief al hulle ander cd's gaan aanskaf!
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

2 comments: on "Kings of Leon"

Tella said...

Ek het die cd al verlede jaar gekoop en ek was net so beindruk met dit!!

DarthAltie said...

Ja ek weet nie hoe ek 'n jaar agter geraak het met musiek nie...seker vandat ek begin RSG en Jakaranda luister het...LOL