Friday, April 24, 2009

SA Nokia Music Store


So van dag een af wat ek 'n iPod gehad het(en ja ek is so oud dat ek 'n second gen ipod gehad het sonder 'n kleur screen in die dae toe 60GB nog onbeskryflik groot was) wou ek die iTunes music store access. Maar nee dit het nog steeds nie gebeur hier aan die donker kant van Afrika nie...ons het darem al 'n iTunes app store gekry maar dit is vol crappy itouch apps, geen musiek geen videos....Ek wag steeds, asb meneer Steve Jobs dit is nie net amerikaners wat jou awesome produkte koop nie...

Maar vanaand het ek die Nokia Music Store gaan bekyk met 'n ietwatse skeptiese idee in gedagte dat hulle so 10 liedjies gaan he...en toe verras hulle my heeltemal!

Hulle het heeltemal die iTunes Music Store voorgespring en 'n ordentlik databasis van musiek aan ons hier in SA bekend gestel. Goeie werk Nokia! Ek dink apple kan hulle eie gat skop! Ek hoop dit gaan 'n reuse sukses wees.

Ja, daar is ietsie vir almal, Kurt Darren en Ge Korsten, Polisiekar, Black Sabbath en Deep Purple. Even vroulief was beindruk dat hulle Melktert Kommisie gehad het! Liedjies kos net R10 een wat normale koste is as jy dink dat daar gemiddeld 15 liedjies op 'n kompakskyf(cd - LOL)is.

Die look en feel van die music store is baie iTunes-esque en gebruikers vriendelik. Daar is 'n search baar bo aan vir artist en title om maklik liedjies te soek
Jy kan 'n player vir jou desktop ook download wat dieselfde lyk amper soos iTunes!

Gaan kyk maar en besluit vir jouself maar ek dink dis iets wat ek sal gebruik!
Jy kan die Nokia Music Store hierso kry



Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "SA Nokia Music Store"