Wednesday, April 15, 2009

Hoeveel meer Idols moet ons vat voor die kareoke ophou

Hello mense.

Ek weet, ek weet, ek het lanklaas geblog. Dit was a.g.v. vakansie dae en huis trek en site toe gaan ens, ens.


Anyways, ek wil net bietjie vent...So nou en dan word ek blootgestel aan Idols(gewoonlik as iemand uitgestem word) - My vroulief kyk daarna.

Nou ja ek kan die skril geskree van bad cover songs (niemand in hulle right mind cover - sweet child of mine, na Axl nie) nog probeer vat, maar wat de hel is up met die presenter chick wie se haarstyl elke episode verander en soos Captain Kirk praat?


Crazy Haarstyle - Lyk of die Zohan haar silky smooth probeer maak het...


Dit maak my insane! Die half uur episode word so uitgetrek en dan as sy nou moet aankondig wie die wenner is dan kom dit...die William Shatner impersonation(cool--ek kyk fight club op MM1 en Edward Norton het nou net gese hy sal William Shatner wil fight - dis nou toevallig).
Dit gaan so iets, And...tonight...the...person....staying....is....the....person....with....the....ens ens. Julle kry die idee...


Bel 0800 Kirk Voice vir "gratis" stem lesse!

Ek wens hulle wil die hele donnerse ding nou net skip en die arme talentlose wenner aanwys dat hy/sy vir 'n jaar kan verdwyn(soos die vorige Idols) en dan weer 'n nuwe cd kan maak sodra die volgende Idols begin en die hele cash cow van voor af melk...

Oor en uit vir nou, ek sal bietjie meer blog, belowe
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Hoeveel meer Idols moet ons vat voor die kareoke ophou"