Wednesday, March 11, 2009

Waar is al die goeie shows heen?

Laat ek net begin deur te se dat ek nou die dag 'n episode van Egoli gekyk het(spot maar - vir die rekord ek hou van 7de laan want dis soms funny). Maar wat de hel? Het die script writer heeltemal die plot verloor, wat nog van script...dis 'n klomp random stront. Die dialoog is lagbaar en dit vorder so stadig soos 'n skilpad wat 'n bottel valiums gesluk het.

Okay ek kan dit nog vergewe want dis 'n sepie. Toe begin Prison Break S4 en tot my naarheid kan ek sweer dat die script writer van egoli oorgeloop het en Prison Break se storie ook probeer skryf het. *Spoiler* - Sarah is nie dood nie, wat? Dit was soos die beste deel van S3 dat hulle haar doodgemaak het en nou is Scofield uit vir unstoppable revenge. Nee hulle moes dit verander in 'n love story en Scofield wil nou net by Sarah wees. En om dit verder te vat was Schofield hierdie clever okie wat die hele tronk se maps op sy lyf tatoo het en nou is hy ewe skielik 'n dufus wat amper elke episode gevang word - oor en oor en dan die freeze frame as hy en Sarah weer by mekaar kom. Uhhhgg ek gaan nou weer kots. Hulle het dit in Scofield's Creek verander. Ek wag elke 5 minute vir Dawson om uit te pop en Sarah van Scofield af te vry.

Terwyl ons op die subject is. Ek hou nogals van Grey's Anatomy(ja mok maar) maar lyk my die Egoli script writer het daar ook involved geraak. Ek verstaan die hele Izzy en Denny ding is vir al die chickies moeranties ens. Maar dis een ding om om haar verlore lost love as 'n spokie te sien maar nou soen sy die spook. So Greys het gegaan van 'n real life gritty tipe storie(met al die liefdes goed vir die girls in die agtergrond - mcdreamy, mcsteamy en mcgay) na 'n klomp tjol. The Egoli script writer strikes again.

En toe ek begin dink daaraan toe besef ek dat al die goeie shows(want dis wat dit 3 jaar al terug was) die X-Files sindroom het - Onthou X-Files die show wat awesome begin het en toe vir ewig aangegaan het en die plot so erg verloor het dat dit soos 'n episode van twin peaks gelyk het.
Dis al die 5de season van Greys, die 4de season van Prison Break(hulle is besig met 5) Die 5de season van Desperate Housewives, ek gaan nie eers praat oor CSI nie, hel even Ugly Fettie is in haar 3de season. Selfs Heroes het uit die bus uitgeval met season 2.Dexter se eerste season was awesome toe raak dit net boring in season 2 en 3 wys al oorsee.
Dis soos 'n bad sequel series van Nightmare on Elm street of Friday the 13th. Dit raak so afgewater dat ek eerder iets op hallmark sal kyk terwyl ek terselfte tyd na Celine Dion en Meatloaf luister en my duim suig as om al Prison Break te kyk.

Die enigste goeie show (dis natuurlik my opinie en baie van julle sal nie saam stem nie) is Lost. Ek is besig om die 5de season op my PC te kyk en dit is fantasties hoe die show bymekaar kom.
Die karakters is kompleks en na 4 seasons van drama is dit uiteindelik bekend gemaak dat almal kyk eintlik 'n show oor time travel!

Maar daar is hoop, want al is 2 and a half men al in sy 6de reeks bly dit damn funny en om nie eers te praat van How I met your mother nie, dis verfrissende komedie en in my opinie beter as wat Friends ooit was. Dan is daar darem 'n nuwe reeks wat hier en daar sy kop uit steek. True Blood is briljant (Anna Paquin speel haar rol vrek goed) en dis gritty en gruesome met 'n nuwe vat op die hele vampire genre (wat Buffy en Angel ook vir ons tot en met season 250 verveel het) En die Mentalist lyk goed maar ek dink teen season 2 gaan dit ook maar 'n klomp drivel wees.

So as iemand daai Egoli script writer sien se vir hom om weg te bly van Lost af, hy kan al die ander shows oor skryf maar for heaven's sake bly asb net weg van die een goeie show wat nog oorbly.

Tot Later
O en ja ek het die image self ge-photoshop!

Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Waar is al die goeie shows heen?"