Tuesday, March 10, 2009

Die User, Die IT administrator En die Server Kas

So gisteraand toe mention my vroulief dat daar sekere websites geblok is by hulle werk wat sy eintlik nodig gehad het en dit toe 'n frustrasie was om dit te probeer "unblock" deur IT ens.

Dit laat my toe dink aan die duisende mense wat daagliks met hulle IT departement moet deel. As jy by die IT departement werk en aanstoot neem moet my asb nie agter my lessenaar met 'n shotgun kom skiet nie.

Die frustrasie tog. Julle weet waarvan ek praat. Jy het gister nog op die file server ingelog en oor 'n uur is jou belangrike presentation en jy moet daai presentation van die shared drive af copy waaraan jy gisteraand tot 10uur toe aan gewerk het en nou kry jy net daai evil "acces denied" error. Jy bel die nommer (jy weet, jy ken die hulplyn nommer al uit jou kop uit). Die stem antwoord "IT departement hello". Jy ken die ou aan die ander kant, hulle lyk altyd die selfde(ek noem hulle IT clones) - Die ou met die lang ponytail met 'n wit hemp en 'n das, maar jy weet onder daai wit hemp dra hy 'n swart T-shirt met 'n slogan soos "I own Noobs" of "You've been pwnd" en hy spandeer meer tyd in die Warcraft wereld as die regte een.
Jy se met baie angs(want die doomsday clock tick nader aan die presentation tyd) "Ek kan nie my files op die server access nie". Die stem antwoord terug "Ja wel ons het die files van die server geskuif na die nuwe server toe en niemand het nog access op die nuwe server nie". Ek praat harder "Maar dit is belaglik ek moet my file he oor 50 min is my presentation!". "Het jy nie 'n backup op jou PC nie?" sug die stem. "Ek het maar die nuutste weergawe is op die server" se ek. "Wel dan sal ek seker vir jou gou moet access gee". "Maak asb gou want ek het 'n belangrike afspraak met kliente oor 45 minute" Skree ek al. "Ons maak so" se hy en sit die foon neer. Jy haal weer asem en sug van verligting. Vyf minute later maak jy die folder oop en voila jy kan jou file access dankie tog. Die presentation is 'n sukses.

In die World of Warcraft in kuberruimte loop Krazy88 na L33tBrotha toe ens se vir hom: "Ek het darem daai ou nou lekker laat stress, hy het gedink hy het nie meer access na sy files toe nie" Goeie een Krazy88 se L33tBrotha.
In sy server kamer sit die IT ou(Krazy88) met 'n grin en wag vir die volgende oproep...mwhaaaahaaa..mwhaahhaaaaa

It's a cruel IT world we live in.

Tot later :)
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Die User, Die IT administrator En die Server Kas"