Thursday, March 12, 2009

Die nuwe Apple iPod "Shuffle"


Ja ek is 'n Tech/Gadget Junkie en sal heel moontlik as gevolg daarvan nooit eendag ryk wees nie want ek sal elke laaste pennie op 'n nuwe gadget spandeer (tot my vroulief se frustrasie).

So hier is dit, Apple se nuwe shuffle. Hulle verras weer met 'n nuwe ontwerp en 'n kleiner weergawe as die vorige een(ek het ook nie gedink dis moontlik nie).




Die Tech Spec detail:

Die 4GB(Ja die kleinste is nou 4 gigs) Shuffle het nie meer knoppies op hom nie als word gedoen met 'n navigation tab wat op jou oorfoon se koord vas is. Jy hou die middel knoppie in en dan se die shuffel(deur die nuwe "voiceover" tegnologie te gebruik) vir jou die titel van die liedjie wat speel. Hou die middel lank in en die verskillende playlists word vir jou opgese, sodra jy jou playlist hoor druk weer die middelste knoppie en die playlist sal speel. Pure Apple Awesomeness!




Wel daar gaan April se spaargeld, ek moet een kry (sorry skattie!) Dankie Steve jobs dat ek geen geld vir my ou dag gaan he nie maar 'n garage vol ou gadgets...

Tot Later
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

1 comments: on "Die nuwe Apple iPod "Shuffle""

Anonymous said...

Hahaha, ek hou nogal van die Just Dance song. Dis 'n catchy tune.

Miskien was hulle seperated by birth...?

Bye!