Monday, August 31, 2009

District 9 Review



Ek het District 9 gister gaan kyk...hier is my review. Let wel as jy nog nie die fliek gekyk het nie daar is spoilers, so kyk dalk eers die fliek voor jy my review lees.

Ek dink Sharlto Copley moet 'n Oscar kry vir beste akteur. En dan kan hulle sommer een gee vir Neil Blomkamp vir beste movie.

Dit was die beste Sci-Fi fliek wat ek in jare gesien het, durf ek so ver gaan en se dis in 'n beter liga as Aliens. Ja ek doen. Dis nie net nog 'n Sci-Fi movie nie, dis 'n diep verhaal oor die mensdom en natuurlik ons situasie in Suid Afrika en dan is daar natuurlik special effects galore by dit.

Ek dink die fliek sal 'n instant cult classic status kry.
Kom ons praat CGI, Die "prawn" soos die aliens genoem word is baie goed ge-animate, hulle is lelik tog is daar iets wat jou trek en jy voel vir hulle. Hulle mothership het hier gecrash sonder fuel, hulle het nie daarvoor gevra nie. As die "prawn" geskiet word of op geeksperimenteer word asof hulle beeste is begin mens hulle jammer kry.

Die alien weapons, technology en die mothership is fantasties gedoen. Dit lyk ongelooflik sureal om die skip bo Johannesburg te sien hang. En dan aan die einde is dit non stop mechwarrior action wat flawless is. So volgens my kry die fliek dit reg om 'n volwaardige Sci-Fi movie te wees.

Die storie, wel Wikus van de Merwe is die antagonis van die storie. Dit begin af as 'n halwe documentary wat in die styl van "the office" geskiet is. Aan die begin lag jy vir die aksente en om woorde soos "donner" en "bliksem" in 'n full aan blockbuster te hoor. Ons politieke situasie word gereeld aangeraak en durf ek se gemok. Ja aan altwee kante wit en swart word ons uitgebeeld as Suid Afrikaners, ons beste en swakste dele.

Die fliek se laaste 2 derdes is full aan action as Wikus sy situasie probeer red en glo my jy is so vasgenael op jou stoel dat jy jou cherry slushie en popcorn vergeet.
En vir my maak Wikus van de Merwe die storie. Jy wil he die geeky ou met die souff efriken aksent moet beheer vat en die rook uit almal uit skiet met sy halwe alien arm. En ja, hy stel nie teleur nie, hy laat lees in hulle in. Die Alien weaponry is awesome en dit hou vir 'n paar grusome splatter scenes in.

Ek gee die fliek, 10/10. Als werk vir die fliek, CGI, die klank, die storie, die akteurs, you name it. Dit is 'n must see movie.

Die enigste kritiek wat ek het is dat ek gevoel het die band tussen Wikus en sy vrou is nie te veel aan ons bekend gemaak nie en ek het half afgestomp gevoel teenoor haar.

So gaan daar 'n District 10 wees...heel moontlik volgens Blomkamp, en dalk 'n prequel ook, District 8. So as hulle die trent kan volhou dan sal ek 'n full aan fanboy word. Well done, South African film making at it's best.

As jy die fliek gekyk het vote langsaan op die poll en laar my weet wat jy daarvan gedink het.

Die enigste vraag nou is...is Julias Malema dalk 'n prawn?
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "District 9 Review"