Monday, August 31, 2009

Boer soek 'n flop...



Die naweek toe channel hop (boing) ons en land toevalig op "Boer soek 'n vrou".
Kan ek net die volgende se...seriously, seriously?
Wat 'n klomp snert. Lanklaas (wel eintlik sedertien ek Avril Lavigne live gesien het op TV sing) het ek so ongemaklik en akward gevoel terwyl ek 'n storie kyk. Jy weet waarvan ek praat, wanneer jy actually skaam kry vir die ander persoon en die kanaal wil verander.

Die een klomp meisies het gese hulle sou graag die boer wil af-vote. Die ander boer was daar 3 girls waarvan 2 van hulle besluit het hulle wil ontrek toe moes "Dezi" die een girl force om te bly, en by die ander boer het daar 2 girls ontrek nadat hy sy floosie ingebring het van buite af op die show...wie doen dit, en dan laat hulle dit toe...

Die een boer praat so binnesmonds dat ek meer kon verstaan wat Kurt Cobain gesing het as 'n woord uit die ou se mond...

En hier is nog iets...vir twee van die kamstige "boere" frikkin grow 'n pair...Die een dude wil nie die chick se hart breek om haar af te vote nie en dan se hy hy weet nie regtig wie om te kies nie dit gaan maar impulsief en random wees...

En die ergste van als is, die girls gaan op die pathetic loser show...surely kan hulle beter as dit doen...

Anyways ek hoop nie hulle maak ooit 'n Boer soek 'n lame-o 3 nie. En mag my remote my nooit weer so in die steek laat as om op kyknet te stop wanneer daai show op is nie...
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Boer soek 'n flop..."