Sunday, May 10, 2009

StarTrek - The Movie


Ek het gisteraand die nuwe Star Trek gaan kyk met nie te veel verwagtinge nie. Ek was erg verras!
Wat 'n verfrissende uitkyk op die "limping" franchise.
JJ Abrams het 'n fantastiese werk gedoen met die fliek. Hy is 'n baie talentvolle skrywer en het al stukke geskryf en executive produce vir Lost(wat in my opinie die beste TV reeks al ooit gemaak is), Fringe en Cloverfield ens ens.

Hy het in my opinie die Trekkie Genre weer op die been en ek dink 'n hele klomp nuwe fans vir die Trekkie nasie gewerf.
Hardcore Trekkie fans het seker 'n ding of twee te se oor die nuwe look, maar ek dink dis great om die show nuwe spice te gee.

Ek gaan gou 'n vinnige review gee...Dit is aksie en nog aksie. Vir die van julle wat al gehou het in die verlede van Star Trek sal dit definitief die nuwe fliek geniet.
Dit gaan basies oor hoe Spock en Kirk ontmoet en al die outjie bymekaar kom.
Almal is daar van Kirk tot Scottie en Uhuru en Sulu ens.
Chris Pine doen 'n wonderlike effort om 'n jong en arogante womanizing captain Kirk te vertolk en hy kry dit reg.
Zachary Quinto (Sylar in Heroes) vertolk Spock so goed dat hy die ou Spock as lagbaar maak as jy hom sien(ja hy cameo in die fliek)



Daar is 'n paar dele wat die acting bietjie OTT is, maar kom nou kan enige iemand se acting meer OTT wees as William Shatner anyways. Dit is overall 'n Star Trek movie.
Die cool ding is dat hulle nogals 'n bietjie humor in die fliek ingebring het en ek het die skerp tong in die kies grappies geniet.

So vir die van julle wat nog wonder, gaan kyk dit. Dit is awesome en enige Sci-Fi fan sal dit geniet of jy nou Trekkie is of meer van die Jedi tipe(soos ek) daar is iets vir almal.
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "StarTrek - The Movie"