Saturday, May 16, 2009

Monkey Business



So ek is seker julle het almal al die awesome Cadbury add gesien met die Gorilla wat Phil Collins se "In the air tonight" speel.
So ek het gaan fliek vanmiddag (angels and demons gaan kyk - goeie fliek ) en die ad het gespeel. Dit lyk toe vir my way te realisties en ek moes uitvind of dit CGI is of wat.

Dit draai toe uit dat dit 'n akteur in 'n Gorilla suit is met die naame Garon Michael.
Die een is vir die dames, ja ladies die ou in die suit is toe rerig "tall dark and handsome" - skuus die pun.


Hy het blykbaar na Hollywood gegaan om 'n leading front man te word en eerder 'n leading rol gekry as 'n aap in Congo.
Hy staan nou bekend as "Hollywood’s top primate impersonator" en het in Congo, Instinct, Planet of the apes gespeel.

Die advertensie was nogals 'n storie om die aap so realisties te kry.
Die aap suit weeg 25kg en is deur Stan Winston se puppeteers met die hand ge-stich.
Daar is electronics in die kop deel om die aap se gesig te beheer.
Dan is daar ook 'n screen binne die masker sodat Garon die hele scene van binne af kan sien en die aap so realisties as moontlik probeer na maak.
Dit het 40 takes van 90 sekondes elk gevat voordat die eind produk behaal was.

Dis cool en interresant maar wat ek nie kon uit figure en ek is seker julle ook nie is wat te hel het dit met Cadbury's uit te waai.

Wel volgens die akteur en ek quote “The sight of the gorilla drumming along to Phil Collins should make you smile, just like a slab of Dairy Milk.”

Maak steeds nie vir my sin nie maar ek hou van die advertensie.

So vat so Outsurance ten minste het Cadbury's 'n cool ad al maak dit nie sin nie.
As ek nog een keer onderbreek word deur daai drie idiote in die Outsurance add terwyl ek probeer Fringe kyk gaan ek skree!
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

0 comments: on "Monkey Business"