Friday, April 24, 2009

As ons die "big time" slaan

Eendag as ek groot is (dis nou 40 en die kinders uit die huis is, ja ek gaan hulle uitskop as hulle 7 jaar oud is amper soos die Spartans - ek meen daai dudes het awesome uitgedraai) en genoeg geld het (i wish) dan wil ek een van die he...in bruin asb met beige binne.


Dis 'n Porsche Panamera en ek dink die mooiste Porsche ooit (behalwe vir die 911 Carrera in Bad Boys)
Dis die eerste Porsche wat met 4 deure uitkom en dit word as 'n familie sports sedan geklasifiseer. So skattie ons kan even die kinders Gold reef city toe vat met die Porsche...awesome ne (moenie beplan om meer as twee kinders te he nie though - daar is net twee sport seats agter - perfek vir die twins, klein Luke en Leia - die Star Wars fan in my kon nie help nie)


Pryse nog nie beskikbaar nie maar ek dink dit sal heelwat wees...

Ek sal dalk maar my stukkende A4 (of is dit nou 'n A3 siende dat my boot korter is - heelwat korter - dankie dronk vrou met haar Fiesta wat in my vas gery het - dit jaag steeds my bloedruk die moer in) moet inruil vir so ene soos hier onder...Dis 'n VW Scirocco en is nou beskikbaar by VW in 2.0TSI en 1.4TSI - baie mooier as die nuwe bland en boring Golf 6...


Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

1 comments: on "As ons die "big time" slaan"

Anel said...

Daardie Sciroco lyk nie vir my baie nice nie! LOL, so 'n funny shape. Nee stick maar by jou Audi Allatjie, dis 'n nice een!!