Thursday, April 30, 2009

Jedi's weapon of choice - a lightsaber of course!

So ek het 'n master replica lightsaber - net omdat ek nie 'n regte egte een kan koop wat deur adamantium(Wolverine is daarvan gemaak - dis die sterkste metaal in die universe) kan sny nie.
Wel eintlik het ek twee, een vir die light side en een vir die dark side (Anakin en Vader).

So ek wag al 'n lang ruk om dit te gebruik en nie net as 'n show piece te hou nie.

Die ander oggend toe is daar 'n vreemde kat in die huis. Ek en Marelize hardloop toe soos twee mal mense in die huis rond 4 uur in die oggend om ons kat(salvador) en die ander evil gemmerkat(darthGinger) van mekaar af te hou. Marelize het hom met water gegooi en ek het my beste gggrrrr geluide gemaak maar dit was als tot niet. DarthGinger wou niks weet nie van uitgaan nie en het aanhou rond hardloop en toe in ons kamer gaan probeer wegkruip. Ons jaag hom toe terug onder toe. Terwyl ek skreeuned agter die kat aanhardloop gryp ek my lightsaber(wat op die sitkamer bank gele het want 'n regte Jedi se saber is altyd naby indien gevaar om die draai is) in die verbygaan



Toe ek die outjie opfire(die replica lig op soos die real thing) toe wil die kat mal gaan soos Superman wat nou net met 'n Kryptonite bat in die balls geslaan is. Die darthGinger kat hiss en siss en spring soos 'n mal ding rond. Ek hardloop toe agter hom aan en jaag hom uit die huis uit deur die force te gebruik(uiteindelik werk my force powers na jare se staar na die remote op die kas en te wag vir daai remote om vlieend in my hande in te spring - ek het geweet ek het dit in my)

Die kat het op die ou einde oor die muur gespring(Sith lords het daai vermoe om hoog te spring - al die anger en hate omdat hy nie Salvador se kos kon eet nie)
Volgende keer darthGinger sal jy nie so lig van dit afkom nie.
Ek sal volgende keer my rooi saber gebruik en die dark side sal strong wees in my(doen die Darth Vader heavy breathing hierso)

O en ek dink die bure wonder steeds wat de donner aangaan by Sunninggate 7 met al die geskreeuery en die blou foreign object wat om die huis hardloop in die vroee oggend ure...

Tot later...May the force be with you
Digg Google Bookmarks reddit Mixx StumbleUpon Technorati Yahoo! Buzz DesignFloat Delicious BlinkList Furl

1 comments: on "Jedi's weapon of choice - a lightsaber of course!"

Anel said...

Bwaha! ek dink julle entertain die bure vreeslik!