Saturday, December 5, 2009
New Moon
Ons het gister aand New Moon gaan kyk...
Wel eerlik waar die boek is beter(nie baie nie),ja ek het 'n boek klaar gelees.
Dis nou geen Stephen King nie maar dit lees redelik maklik.
Ek dink die fliek gaan meer oor Robbie P en Wolf Boy(weet nie wat sy regte naam is nie want hy is obvious nie so famous nie) as oor die storie.
Daar was groupie chicks(en gay dudes) in ons fliek wat gejuig het toe Wolf Boy sy hemp uitrek...
En wats met die slow mo takes as "Eduardo" rondloop? En Volvo cash lelik in op die hele ding...Die deel toe ons vir "Eduardo" die eerste keer in slow mo by die swart volvo sien uitklim toe dog ek hulle het die movie gestop en is besig om 'n Volvo add te wys...WTF?
O en die hele "sparkley" ding as hulle in die son kom pis my ook af....
Vampires donners sparkle nie...dis gay...
Goed so ek het nie 'n goeie fliek verwag nie en dis okay want aan die einde van die dag is dit nog steeds die moeite werd om die special effects te sien en die fights tussen die wolwe is nogals cool...
So as jy die movie gaan kyk dan moet jy net onthou om 'n grooooot rasper saam te vat...(want dis cheesy...get it)
Maar vir die van julle wat van regte flieks hou ek het vandag 'n baie goeie fliek gekyk...The last house on the left.
Die fliek was oorspronklik deur Wes Craven geskryf en direct in 1972 en as gevolg van die "shock value" was die fliek verban tot laas jaar toe. Yup dis 'n lang ruk.
Ek het die nuwe weergawe (remake) gekyk wat al uit is by jou local(lees videospot) video store.
Die remake is net so skokkend en ek waarsku dat dit ontstellend is en nie vir die "faint of heart" nie. Daar is heelwat gore hier en daar maar die idee agter die storie is wat dit eintlik scary maak.
Dit is eintlik iets wat dalk kan gebeur met al die "crazies" deesdae in die wereld.
Dis definitief 'n moet sien en ek beveel dit aan as 'n goeie maar skokkende riller.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments: on "New Moon"
Ek moet se, ek het ook nogal gevoel dat die fliek soft porn vir tiener meisies is (wel en 20 somethings want my vriendinne het gefreak!), die fliek however (veral Twilight nr 1) lack dialogue!!! New Moon was darem baie meer entertaining as Twilight,bietjie meer action!
Ek het nou weer Twilight meer geniet as New Moon, dit was nie so damn depressing nie en ook baie minder cheesy...Ek stem heeltemal saam oor die dialoog deel!
Post a Comment