Latest Posts

Wednesday, January 27, 2010

Apple iPad



Wow!

Apple breek weer nuwe grond, hulle het 'n nuwe produk en "genre" ontwerp.
Dis 'n kruis tussen 'n iPhone en e-reader en netbook.



Die ipad kan enige iets doen van games speel tot op spreadsheets werk en presentations ontwerp.



Fotos, Videos en ja boeke. Daar is 'n nuwe app store net vir boeke - iBooks.



En die prys? Wel alle iPads het ingeboude WiFi maar vir ons in goeie internetlessness SA sal jy die 3G een moet koop.

Die normale 16GB WiFI gaan vir $499 en met 3G $629. So dit is rofweg R4400 maar ons sal seker weer oorgebuig word en dubbel dit moet uithaal en wys...

Jy kry tot op 'n 64GB iPad met 3G wat vir omtrent $829 gaan handel.

O en so van die os op die jas...Apple het 'n deal met AT&T gemaak waar jy $29.99 dollar 'n maand betaal vir unlimited 3G data - R210, En ook free saam die kontrak kan jy enige AT&T WIFI hotspot gebruik. Vodacom catch 'n frikkin wake up julle ripp offs. Julle steel ons geld sonder om 'n oog te knip...

read more...

Monday, January 25, 2010

Mass Effect 2 IGN Review



Ja so uiteindelik is Mass Effect 2 uit oorsee en ons sal more dit hier in SA kry.

Dit lyk asof dit baie het om te offer en 'n goeie verbetering is op die vorige weergawe, en ek het nie gedink dis moontlik nie.

Die game kry 'n 9.6/10 van IGN af wat baie goed is!

Jy kan meer daaroor lees op IGN se website hier:

Mass Effect 2 Review

read more...

Saturday, December 19, 2009

Avatar - Review

Ek het Vrydag aand Avatar in 3D gaan kyk, hier is my review:



Goed so ek het die trailers gesien op die web lank voor die fliek uit was en dit het goed gelyk maar nie "out of this world" awesome nie.
Die font wat hulle vir die fliek gebruik is "Papyrus" en glo my in die ewige kritiese design wereld is dit 'n groot no no!
So ek het in die fliek in gegaan redelik excited maar tog 'n bietjie skepties...



En dis presies wat hulle wou gehad het...

Deesdae word die beste dele van die fliek als uit gespoeg in die trailers en as jy die fliek gaan kyk dan stel dit teleur. Avatar se trailers was understated en dit maak dit net nog so meer WOW as jy dit gaan kyk.

Dis James Cameron se terugtog in Sci-Fi na amper 12 jaar. En hy stel weer die voorbeeld vir toekomstige 3D CGI flieks
Gaan kyk dit, want dit stel nie teleur nie. En as jy rerig die fliek wil waardeer in al sy glorie gaan kyk dit op die grootste screen wat jy kan in 3D



Die fliek is gemaak daarvoor. Nog nooit in my lewe het ek 'n fliek gesien met soveel detail en kleure en geure nie. Dit is 'n "eye candy" galore!



Die storie loop so:
Jake Sully(Sam Worthington) is 'n eks marine wat verlam is in sy bene, hy word dan in die Avatar program in gegooi na 'n gebeurtenis.
Die storie speel af op Pandora waar daar 'n rare metaal is wat verkoop vir $20 Miljoen per kilo.
Die projek word belemmer want die inwoners van die eiland(Na'vi) wil natuurlik nie die humans daar he nie.
Die ander probleem is dat die humans nie kan asem haal op die planeet nie.
So toe kweek die humans hulle eie(ten duurste) Na'vi ligame wat dan kan "bestuur" word deur 'n mens deur 'n neural link.
Jake Sully word dan in twee geskeer tussen die eiland inwoners en sy eie mense.



So die storie is bietjie Pocahontas en Dances with wolves maar dit was nog steeds genoeg gewees om my in te trek vir die hele 160 minute.

Pandora...dit is waar Cameron se nuwe fliek rerig wys waarvan hy gemaak is. Dis 'n eiland met 'n woud effek en snaakse kleurvolle diere.Veral die aand dele waar als glans en gloei is rerig 'n visuele fees vir die oog.

Wat Cameron gedoen het in die fliek is om 'n hele ander nuwe wereld te skep met hulle eie taal en karakters ens. Dit is baie soos wat Lucas gedoen het met Star Wars maar met 'n baie baie groter budget!



So in totaal gaan sien die fliek al is dit net vir die special effects maar sien dit in 3D, dit maak 'n groot verskil. Na al die hype was dit toe op die ou einde definitief die "3-D science fiction epic film" soos dit verklaar was.



So op die Altie skaal gee ek die film....wait for it 5 uit 5.

O en wat was die beste deel van Avatar? Celine Dion is nie betrokke by die soundtrack nie...
read more...

Sunday, December 13, 2009

Avatar looking to be major success



Wel Ons gaan volgende vrydag dit in 3D kyk en ons kaartjies is klaar geboek(dankie liefie!)

Ek het gewonder of dit net hype gaan wees en daarna 'n let down as jy die fliek gaan kyk.

Lyk darem asof dit nie gaan teleurstel nie.
Rotten tomatoes gee dit 'n average 90% preview reviews wat damn goed is want ek dink meeste van die ouens wat kritiek lewer by Rotten Tomatoes is een of ander manier familie van Leon van Nierop of Barry Ronge. Nee ek grap net, hulle is redelik spot on met die reviews of dalk is dit net my "geeky" smaak van movies.
District 9 - 90%, StarTrek(2009) - 95%, New Moon - 29%, Old Dogs(met Travolta en Williams - washed out careers) - 05%,Christmas Carol 3D - 55% (Dit was 'n crap fliek) ens...Julle sien waarheen gaan ek hiermee.

So as Avatar so goeie rating nou al kry dink ek dit sal 'n goeie fliek wees.
http://www.rottentomatoes.com/m/avatar/

Ek sal laat weet hoe was dit teen volgende vrydag!
read more...

Mass Effect 2

Jip dis oppad...Die 22ste Desember is die datum om te boekmerk.

Preview onder, komplemente van IGN af. Hover net muis oor die movie om controls te sien

read more...

Saturday, December 5, 2009

New Moon




Ons het gister aand New Moon gaan kyk...
Wel eerlik waar die boek is beter(nie baie nie),ja ek het 'n boek klaar gelees.
Dis nou geen Stephen King nie maar dit lees redelik maklik.

Ek dink die fliek gaan meer oor Robbie P en Wolf Boy(weet nie wat sy regte naam is nie want hy is obvious nie so famous nie) as oor die storie.
Daar was groupie chicks(en gay dudes) in ons fliek wat gejuig het toe Wolf Boy sy hemp uitrek...

En wats met die slow mo takes as "Eduardo" rondloop? En Volvo cash lelik in op die hele ding...Die deel toe ons vir "Eduardo" die eerste keer in slow mo by die swart volvo sien uitklim toe dog ek hulle het die movie gestop en is besig om 'n Volvo add te wys...WTF?



O en die hele "sparkley" ding as hulle in die son kom pis my ook af....
Vampires donners sparkle nie...dis gay...



Goed so ek het nie 'n goeie fliek verwag nie en dis okay want aan die einde van die dag is dit nog steeds die moeite werd om die special effects te sien en die fights tussen die wolwe is nogals cool...

So as jy die movie gaan kyk dan moet jy net onthou om 'n grooooot rasper saam te vat...(want dis cheesy...get it)



Maar vir die van julle wat van regte flieks hou ek het vandag 'n baie goeie fliek gekyk...The last house on the left.



Die fliek was oorspronklik deur Wes Craven geskryf en direct in 1972 en as gevolg van die "shock value" was die fliek verban tot laas jaar toe. Yup dis 'n lang ruk.
Ek het die nuwe weergawe (remake) gekyk wat al uit is by jou local(lees videospot) video store.



Die remake is net so skokkend en ek waarsku dat dit ontstellend is en nie vir die "faint of heart" nie. Daar is heelwat gore hier en daar maar die idee agter die storie is wat dit eintlik scary maak.
Dit is eintlik iets wat dalk kan gebeur met al die "crazies" deesdae in die wereld.

Dis definitief 'n moet sien en ek beveel dit aan as 'n goeie maar skokkende riller.
read more...

Thursday, December 3, 2009

Dis Kerstyd!!!

Wat Altie wil he vir Kersfees...

1) Guitar Hero 5 met Guitar (Dat ek en skattie kan saam speel)



2) Griffin Tuneflex vir my nuwe iPhone



3) Star Wars Force Trainer



4) As iemand in my nabeie familie die Lotto wen...n Audi R8 Spyder

read more...